Description

Book Synopsis

Jou velkleur maak jou nie vinnig, sterk, slim of gevaarlik nie. Ek wil sommer skree: “Dis net vel, my pel!”

’n Geïllustreerde kinderboek oor die evolusie van velkleur, gebaseer op navorsing deur die antropoloog dr. Nina Jablonski en die historikus dr. Holly Y. McGee. Saam beskik hulle oor meer as 40 jaar se kennis wat spruit uit hul akademiese werk wat deur ewekniebeoordelaars nagegaan is.

Ontmoet vir Epi Dermis! Epi se ander naam is “Vel”. Epi sal jou mooi vertel hoekom ons velle verskillende kleure het.

Epi sal die wetenskap van velkleur op ’n eenvoudige manier verduidelik. Epi is die orgaan in die liggaam wat die hardste werk! Laat Epi toe om aan jou te verduidelik hoekom sweet jou liggaam se geheime superkrag is! Saam met Epi sal ons die geskiedenis van velkleur ondersoek en uitvind waarom velkleur nie jou gedrag beïnvloed nie.

In Afrikaans vertaal deur Izak de Vries, met ’n voorwoord deur Michael Jonas, direkteur van die Afrikaanse Taalmonument en -museum.

Trade Review

“’n Uiters leersame publikasie met boeiende visuele elemente wat kan dien as ’n handige
opvoedkundige hulpmiddel, gegewe die voortdurend veranderende globale, tegnologies
gevorderde wêreld waarin mense met verskille kulturele, tale en voorkoms op ’n daaglikse
basis met mekaar in veelvoudige ruimtes kontak maak of ontmoet […] sal dié uitstekende
inligtingshulpmiddel individue bemagtig deur met begrip en konteks in dié situasie op te
tree.” – Michael Jonas, uit die voorwoord
Hierdie boek bied ’n lewensbelangrike verandering in ons uitkyk. Dit moet eintlik verpligte
leesstof wees in elke skool en ouerhuis, want as ons ons toekoms wil verander, moet ons
ons kinders verander, of van die begin af reg leer. Kom ons doen dit reg. En onthou, dit is
net vel, my pel.” – Stefaans Coetzee
“Drs. Jablonski en McGee skryf ’n wonderlike boek wat die krag van biologie kombineer met
toeganklike diskoerse wat op geregtigheid fokus. Hierdie boek is insiggewend en
vermaaklik, terwyl dit ook ruimte bied vir kinders om belangrike gesprekke oor ras te voer.” –
Dr. Lynnette Mawhinney, professor in stedelike onderwys, skrywer van Lulu the One and
Only

“Hoekom is ons verskillende kleure? Grootmense is dikwels stomgeslaan wanneer kinders
sulke vrae vra en hierdie boek verskaf die antwoorde op ’n prettige, boeiende manier. Met
lieflike illustrasies en ’n gesonde dosis humor, ontketen Dis net vel, my pel! belangrike
gesprekke oor identiteit, biologie en, bowenal, ons gedeelde menswees.” – Uju Asika,
skrywer van Bringing Up Race en A World for Me and You

“’n Vriendelike en toeganklike inleiding tot die evolusie van velkleur. Antropoloog Nina
Jablonski en historikus Holly McGee maak gebruik van meer as 40 jaar se gesamentlike
navorsingservaring om lesers te wys wat die vel is, wat dit doen en hoe mense allerhande
verskillende velkleure ontwikkel het.” – World Kid Lit

“Soms humoristies, soms ernstig: Hierdie boek kan help om rassisme onder peuters, tieners
en almal tussenin te bekamp. Dit is pret en bevat belangrike feite oor die orgaan wat ons
bedek, ook hoekom ons velle lyk soos hulle lyk.” – Kathy Stinson, The Bare Naked Book

Dis Net Vel, My Pel!

    Product form

    £14.24

    Includes FREE delivery

    RRP £14.99 – you save £0.75 (5%)

    Order before 4pm today for delivery by Sat 15 Aug 2026.

    A Paperback / softback by Nina Jablonski, Holly McGee, Karen Vermeulen

    Out of stock

      Trusted by thousands of customers. See 2,385+ Customer Reviews

      View other formats and editions of Dis Net Vel, My Pel! by Nina Jablonski

      Publisher: Catalyst Books
      Publication Date: Publication Date: 30/11/2023
      ISBN13: 9781733547499, 978-1733547499
      ISBN10: 1733547495

      Description

      Book Synopsis

      Jou velkleur maak jou nie vinnig, sterk, slim of gevaarlik nie. Ek wil sommer skree: “Dis net vel, my pel!”

      ’n Geïllustreerde kinderboek oor die evolusie van velkleur, gebaseer op navorsing deur die antropoloog dr. Nina Jablonski en die historikus dr. Holly Y. McGee. Saam beskik hulle oor meer as 40 jaar se kennis wat spruit uit hul akademiese werk wat deur ewekniebeoordelaars nagegaan is.

      Ontmoet vir Epi Dermis! Epi se ander naam is “Vel”. Epi sal jou mooi vertel hoekom ons velle verskillende kleure het.

      Epi sal die wetenskap van velkleur op ’n eenvoudige manier verduidelik. Epi is die orgaan in die liggaam wat die hardste werk! Laat Epi toe om aan jou te verduidelik hoekom sweet jou liggaam se geheime superkrag is! Saam met Epi sal ons die geskiedenis van velkleur ondersoek en uitvind waarom velkleur nie jou gedrag beïnvloed nie.

      In Afrikaans vertaal deur Izak de Vries, met ’n voorwoord deur Michael Jonas, direkteur van die Afrikaanse Taalmonument en -museum.

      Trade Review

      “’n Uiters leersame publikasie met boeiende visuele elemente wat kan dien as ’n handige
      opvoedkundige hulpmiddel, gegewe die voortdurend veranderende globale, tegnologies
      gevorderde wêreld waarin mense met verskille kulturele, tale en voorkoms op ’n daaglikse
      basis met mekaar in veelvoudige ruimtes kontak maak of ontmoet […] sal dié uitstekende
      inligtingshulpmiddel individue bemagtig deur met begrip en konteks in dié situasie op te
      tree.” – Michael Jonas, uit die voorwoord
      Hierdie boek bied ’n lewensbelangrike verandering in ons uitkyk. Dit moet eintlik verpligte
      leesstof wees in elke skool en ouerhuis, want as ons ons toekoms wil verander, moet ons
      ons kinders verander, of van die begin af reg leer. Kom ons doen dit reg. En onthou, dit is
      net vel, my pel.” – Stefaans Coetzee
      “Drs. Jablonski en McGee skryf ’n wonderlike boek wat die krag van biologie kombineer met
      toeganklike diskoerse wat op geregtigheid fokus. Hierdie boek is insiggewend en
      vermaaklik, terwyl dit ook ruimte bied vir kinders om belangrike gesprekke oor ras te voer.” –
      Dr. Lynnette Mawhinney, professor in stedelike onderwys, skrywer van Lulu the One and
      Only

      “Hoekom is ons verskillende kleure? Grootmense is dikwels stomgeslaan wanneer kinders
      sulke vrae vra en hierdie boek verskaf die antwoorde op ’n prettige, boeiende manier. Met
      lieflike illustrasies en ’n gesonde dosis humor, ontketen Dis net vel, my pel! belangrike
      gesprekke oor identiteit, biologie en, bowenal, ons gedeelde menswees.” – Uju Asika,
      skrywer van Bringing Up Race en A World for Me and You

      “’n Vriendelike en toeganklike inleiding tot die evolusie van velkleur. Antropoloog Nina
      Jablonski en historikus Holly McGee maak gebruik van meer as 40 jaar se gesamentlike
      navorsingservaring om lesers te wys wat die vel is, wat dit doen en hoe mense allerhande
      verskillende velkleure ontwikkel het.” – World Kid Lit

      “Soms humoristies, soms ernstig: Hierdie boek kan help om rassisme onder peuters, tieners
      en almal tussenin te bekamp. Dit is pret en bevat belangrike feite oor die orgaan wat ons
      bedek, ook hoekom ons velle lyk soos hulle lyk.” – Kathy Stinson, The Bare Naked Book

      Recently viewed products

      © 2026 Book Curl

        • American Express
        • Apple Pay
        • Diners Club
        • Discover
        • Google Pay
        • Maestro
        • Mastercard
        • PayPal
        • Shop Pay
        • Union Pay
        • Visa

        Login

        Forgot your password?

        Don't have an account yet?
        Create account